
=====================================================================
'Maak Afrikaans 'n inklusiewe Afrika taal' (AV 5:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'Maak Afrikaans 'n inklusiewe Afrika taal'

Heindrich Wyngaard   het met mnr. Franklin Sonn,   Suid-Afrika se ambassadeur in Washington, op sy laaste besoek aan die land gesels.

DIE inleiding vir di artikel vind ons in iemand se self-saamgestelde boek met aanhalings.

Dit is iets wat dr. Jakes Gerwel   by geleentheid ges het: dat bruin mense "die mees inheemse, die mees Afrika-anse element van Afrikaans 
(is)".

En verder: dat hulle "maar net Afrikaans praat, soos hulle maar net asemhaal, sonder 'n selfbewuste beheptheid. Dit is, nes asemhaal, nie 
iets waarvoor hulle sal sterf f waarvoor hulle sal stem nie; dis gewoon 'n medium waarin hulle natuurlik leef."

Gerwel, tans hoof van die President se Kantoor, het dit in 1978 ges. Nou, in 1998, kom mnr. Franklin Sonn en   s die volgende: dat bruin 
mense -- deur Afrikaans -- brugbouers tussen wit en swart mense kan wees.

Sonn het as hoofspreker gepraat by die bekendstelling van Naspers se Welkom aandeleskema vir mense uit die histories benadeelde 
gemeenskappe. Maar sy toespraak sal nie noodwendig onthou word vir die (verdiende) lof wat hy Naspers toegeswaai het nie; eerder vir die 
nuwe rigting waarin hy die "taaldebat" gestuur het.

"Ons voorouers was van Afrika, maar ook van Europa. Dit is ons historiese werklikheid. Dit staan soos 'n koei," s hy.

En toe ek hom 'n paar dae agterna bel, een oggend vroeg by sy seun se huis, voeg hy by: "Ons ervaring was anders (as die wit 
Afrikaanssprekende s'n). Ons het in Afrikaans verdrukking verduur.

"Maar ons, die benadeeldes, wat 'n broertjie dood het aan apartheids-Afrikaans, kom nou na vore en s: maar di taal is my taal. En daar is 
genoeg Afrikaners wat dit insien en wat nou wag op ons leiding."

Afrikaans-wees, vir Sonn, is deel van bruin-wees. Maar Afrikaans- wees beteken nie Afrikaner-wees nie, s hy.

"Dis twak! Ons is ni Afrikaners nie; di term het 'n bepaalde politieke betekenis."

Nou wat van die naam Afrikaanses? vra ek hom. "Nie eens dt nie," antwoord hy, "want jy het nie 'n naam nodig nie; en jy praat tog nie van 
Engelses (om alle Engelssprekendes onder een dak te voeg) nie."

Dis die bruin mense, gaan hy voort oor die foon (en hy het dit in sy toespraak ook ges), wat van Nederlands 'n Afrika taal gemaak het deur 
dit te begin praat soos wat dit maklik op die tong geval het.

"Afrikaans is dus ns taal en omdat dit s is, is dit volwaardig 'n taal van Afrika."

TERWYL Sonn s praat, is die planne vir 'n Afrikaanse oorlegplatform -- die breinkind van Naspers se voorsitter, mnr. Ton Vosloo   -- aan 
die gang.

En ook Sonn is reeds opgewonde daaroor. S hy steun dit van harte, dat dit 'n goeie beweging is "omdat dit inklusief is". En dis hoe dit 
moet bly om suksesvol te wees: "inklusief en Afrika gebonde".

Ook Antjie Krog   se pleidooi (in die vorige uitgawe van Afrikaans Vandag) dat   Afrikaanses moet ophou kla en eerder moet help om onder 
meer 'n akademie vir die bestudering van Afrikaans tot stand te bring, word deur Sonn verwelkom, veral ook omdat Krog volgens hom gehelp 
het om Afrikaans te bevry.

"Die letterkunde was ook vasgevang as 'n werktuig van Afrikaner eksklusiwiteit; 'n bakermat van Afrikaner nasionalisme.

"Dit het ons ambivalent gemaak teenoor die taal, maar toe het gekom (Andr P.) Brink en veral Antjie Krog -- sy's 'n wonderlike digter -- 
en s is Afrikaans vry gemaak.

"Een van die grootste gebeurtenisse vir my was toe pres. Nelson Mandela   die gedig Die Kind is nie Dood nie van Ingrid Jonker   in die 
Parlement aangehaal het. Daarmee het hy ges ons is vry, julle is ook vry; maak nou van Afrikaans 'n Afrika taal."

Afrikaanssprekendes behoort waardering te h vir die pogings wat leiers soos Mandela aanwend om die taal te bevorder, s Sonn. Om egter 'n 
bohaai op te skop oor 'n program soos 50/50 verskuif word om plek te maak vir Dali Tambo   se People of the South, doen die saak nie goed 
nie.

"My grootste bekommernis is dat as ons nie openlik van Afrikaans 'n Afrika taal maak en inklusief van alle groepe nie, dan gaan Afrikaans 
altyd die ballas van die verlede saamdra."

Die laaste deel van di sin laat dink 'n mens aan wat die skrywer Piet van Rooyen,   wenner van die M-Net Boekprys (Afrikaanse kategorie) 
vir sy roman Die Olifantjagters, onlangs   ges het. Dit was nadat hy gekritiseer is omdat hy sy bedankingstoespraak in Engels gehou het.

"Afrikaans," het hy in Beeld in reaksie op die kritiek   ges, "het die vermo om homself te bewys as nutstaal, 'n boektaal, maar basta hom 
voorstoot om verlore gevegte mee r te baklei!"

En ook: "Daar moet opgehou word om die 'taalstryd' as plaasvervanger vir die 'verlore' politieke stryd te sien."

Sonn s ook s: "Ons moenie Afrikaans weer 'n strydpunt maak nie, want die taal het 'n verskriklike geskiedenis en as jy dt doen, roep jy 
net weer daai geskiedenis op." Heindrich Wyngaard   is 'n parlementre verslaggewer van Die Burger.

Terug na bo

Mansmense!

Afrikat miaau katterig:
" 'n Mansmens is te vatterig,
maar is jy dalk 'n vroumens
sonder bulte en bra platterig,
dan raak daai man g'n vryerig
en eintlik half vermyerig,
en drom is ek katterig,
want mans maak my
skoon satterig!"

Illustrasie: Cora Coetzee

Vers: Philip de Vos

Terug na bo     Mansmense! -- 'n spotprent deur Cora Coetzee en Philip de Vos.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av542.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1998 /// 'n Taalstroom waaruit almal kan drink (AV 5:4) /// 
'Maak Afrikaans 'n inklusiewe Afrika taal' (AV 5:4) /// 'Met 'n los lit kom jy nie ver nie' (AV 5:4) /// ns Afrikaans vir vandag (AV 5:4) 
/// Oor taalruimte en vennootskappe (AV 5:4) /// ONS LESERS SKRYF (AV 5:4) /// Boeklose Renaissance kan nie slaag nie (AV 5:4) /// Jy kan 
s SKS staan vir So Karoo Soos ... (AV 5:4) /// Afrikaans se veilige hawe elders (AV 5:4) /// Lag of huil oor di musiek? (AV 5:4) /// Di 
volksmusikus kom van ver af (AV 5:4) /// Goeie musiek kook al hoe kwaaier (AV 5:4) /// Die bedreiging kom van binne (AV 5:4) /// 
Intellektuele inhoud ontbreek (AV 5:4) /// Afrikaans het biegkamer nodig (AV 5:4) /// Herinneringe aan 'n Wes-Kaapse winter (AV 5:4) /// 
Nederlandistiek kongresse aan die Kaap (AV 5:4) /// Moet Afrikaans en Nederlands se paaie skei? (AV 5:4) /// Jongste ng raap Pendoring se 
'prestige' op (AV 5:4) /// Afrikaanse reklame val van 'n Engelse perd (AV 5:4) /// Die land van braaivleis, sonskyn en Chevrolet (AV 5:4) 
///

